Jongste aktiwiteit:

Vlugtend

Vlugtend

ek vlug soms deur my ruite
na plekke ver van hier
na daar waar sonskyn
in die winter
oor die wye velde vuur

waar gras soos warm goud
op ’n koue middag gloei
alvoor die skemer in die nadag
soos rooi granate bloei

ek vlug soms deur my ruite
na ’n plek waar jy ook is
waar amber strale vir momente
(heuningsoet)
oor jou slape en jou wange kus

© Carma Shaw
23 Junie 2020
1:07




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed