Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: vleuels

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 9 November 2019 Aantal woorde: 110 12 Kere gelees Hou van

die lug-vleuel van my baai
is effens stil vanoggend
die see lê soos ‘n dam
baie voëls sit op rotse
en droog hul vlerke
in die koel wind

ver oor die blou see
staan daar ses vrag skepe
hul ankers gedraai weg van wind
snags blink hul galery van helder ligte
soos neon ligte van groot geboue in die stad
rustigheid weerspieël op water wat soms kan kook

motors en bakkies beweeg al van vroeg af rond
vissermanne van binneland kom toets waters
aankommers geniet die helder sonnige dag
inwoners gaan voort met hul dagtake
gholfbaan is besig op so ‘n dag
ewige migrasie van gesigte

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 664
Kommentaar telling: 104

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 70 gaste aanlyn

Bydrae Totale