Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: vlak

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 9 Mei 2019 Aantal woorde: 87 154 Kere gelees 3

in vlak sandsloot langs
sukkel skilpad sy weg op
gly hy maar vorder darem
aanhouer wen en hy weet
waarheen hy op pad is

sy slakke gang komies
maar so doel gerig soos min
sy ingeboude kompas stuur
na die suide waar daar gras is
weg van wit huise se lawaai

sy brein kleiner as ertjie pit
sy wil sterker as die van mens
moet hom nie vlak oordeel nie
hy ken sy plek in die wêreld
hy vul sy nis in die ketting

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 547
Kommentaar telling: 75

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 43 gaste aanlyn

Bydrae Totale