Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Viooltjies in die kombuis

Deur Adele Theron
Datum gepubliseer: 17 Februarie 2018 Aantal woorde: 103 272 Kere gelees 3

Hier is ‘n winterkaros
om ons toe te kombers,
jou lyf kontoer
my teen jou vas-
elke legkaartronding
is gemaak om te pas
en die vlammetjie flikker
bo-aan die pit van ons kers.

Ek proe die soet-suur
van maande se onthou,
skil en kook en ‘kênfroet’
emmers vol bitter ervarings,
en plant vreugdepitte
in die sierstruiklanings
waar ons ‘n nuwe lewenstuiste
met geloofstene en hoop bou.

My kop op jou skouer
luister na ‘n wonderverhaal,
ek weet dis ons begin
in die sinkdakhuis,
sonder ‘n vrugtespens
met viooltjies in die kombuis,
wanneer jou hande
vir ewig om my ritme ronddwaal.

©adéle




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. Anze

      Februarie 14, 2018

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 – Liefdes projek

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 49
    Kommentaar telling: 7

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 411 gaste aanlyn

    Bydrae Totale