Jongste aktiwiteit:

Vierkant

In die vierkant Hemel
is ingebokste skrefies-oë
met al ‘n meester ingehokt,
sal ek ‘n senterlyn trek
en Hare Krishna plak
Hare,Hare,Krishna Hare.

Grafitti orals teen die mure
en die klinknaels breek;
regs kyk vir Seurat en Dali
wat mekaar met kwaste steek
Monet objekteer so puntsgewys!

Al probeer ek nugter bly
eindig ek steeds altyd dronk
en die Spanish train
wil net nie verby kom,
wie het die prysgeld gewen?

Roomys mannetjies of lompdrolletjies
elkeen het sy eie prys
en ek bekyk al die strooi
‘n leë bottelwyn.

Agter op Lucifer se bumper,
‘n klein sticker geplak:
“meer deure,meer ligtekooie”
En dra maar ‘n gasmasker
Jesus het ‘n helse poep!

Nou wat van die vierkant hemel vra jy?
Wie het op die son gepis?
En waar,waar kom die blêrie spaceship vandaan?
Krishna Hare,Krishna Krishna.

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed