Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vet Karoo

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 14 Februarie 2020 Aantal woorde: 60 77 Kere gelees Hou van

In snik hitte
teen klippies
op grondpad se rant
sit
vasgevang ń klein
plant.

Klippies verspat
deur ongereelde motor band
groet, lê lepel
met die stofvaal
kalant.

Die stammetjies is blare
wat brand in somer son
winter ryp,
tot amper stof
langs hierdie pad.

Hier wag jy
bo, onder droë stof
op ń druppel spat
om te lewe
doodstil
in die Karoo.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 354
Kommentaar telling: 36

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 68 gaste aanlyn

Bydrae Totale