Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: verwering

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 22 Februarie 2021 Aantal woorde: 85 28 Kere gelees 4


jou ogies blink soos krale in die son
sagte blou oë wat baie kan inneem

jou stem kom diep uit warm boesem
waar jou siel sy hart koester en bou

jare se wind en weer en baringspyn
het jou gesig in weerpatrone gesny

uit jou mond kom net rein gedagtes
want jou hart en siel bly altyd skoon

so kom jou getuigskrif in die witboek
aan, wanneer die engel dit oopslaan

sal kinders ook eendag alles verstaan

©Teárlach




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    22 Februarie 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek

  2. morne du preez

    23 Februarie 2021

    Goed gepen Charles so ‘n diepergestelde boodskap daarmee.

  3. Tearlach

    24 Februarie 2021

    Baie dankie Anze en Morne. Ek waardeer julle mooi woorde.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1070
Kommentaar telling: 136

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Historium Trust – Trotse borg van Ink dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 122 gaste aanlyn

Bydraes – Argief