Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vervloekingskruis en ‘n doringkroon

Deur Paula Paxton
Datum gepubliseer: 12 Desember 2019 Aantal woorde: 120 131 Kere gelees 5

My vel breek met die insny van die doringsteek
wat hakskeur aan my vlees.
My bloed meng met grondstof aan my hand,
los ‘n taai mengsel wat blywend kleef.

Versigtig vleg ek die doringtakkies tot kroon,
probeer ek die snyseer vermy
en hang dit aan die bopunt
van ‘n aardse kruis.

Met ‘n ysterhaksweep
het hul U liggaam gebreek
en doringkroon U voorhoof ingesteek
met grynslag U aan ‘n vloekboom gehang.

Daar het U in liefdeskreet
met ‘n deernishart dit uitgespreek
“Vader vergeef, hul onkunde kleef”
en toe is verlossing volbring.

My emosiehart laat drup ‘n traan
los ‘n spoor oor my bleek gelaat
terwyl ek in verwondering staan
oor onvoorwaarlike liefde wat kon lei tot hierdie daad.
PAULA PAXTON
12/12/2019




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 79
Kommentaar telling: 4

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 68 gaste aanlyn

Bydrae Totale