Titel: Vertrek Punte
Deur Koos Elsum

ou tannies
sleep moeg voet
verby beweegde
mens vreet hulpmiddels.
grys mans
in dasse sonder tasse
stamp snel
na VIP wagplek.
families in kindertas neste
struikel na ontlas punte
om van alles ontslae
te raak.
mense slang
in bane afgebaken
wag in poorte
vir wegtrek plekke.
TEMAS