Jongste aktiwiteit:

verstek

my duin het sy eie norme
by verstek kom dit van ver af
ver in die verlede op moeder se skoot
en vader se harde hand en soms roede
daar is fondamente gelê wat vas staan
min van ons wyk heeltemal daarvan af
tog het daar ernstige dinge verander
met die draai van die eeu saam
het mense glo “verlig” geraak
het hulle begin afwyk van
hul basis van norme
wesens geword
wat sweef
op die
winde van
verandering
van ‘n nuwe
wêreld orde
sonder enige
bakens of
fondasie
om op te
staan

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed