Jongste aktiwiteit:

Versplinterde hart

Hoe lap mens ‘n versplinterde hart?
Hoe haal mens ooit weer pynloos asem
as fondasies verkrummel
en alles uitmekaar spat?
Hoe pas mens weer jou menswees
in die holte van ‘n raam
(waar jy eens veilig kon voel)
as brokstukke
die beeld nou verwrong?

Onbewus die lont se wegbrand
met oë vertroebel, verblind.
Die vlam se skroei
wag ademloos
op die finale slag
wat die lot sal verander
van dit wat eens was!

©Driekie Grobler




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed