Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Versplinterde hart

Deur Driekie
Datum gepubliseer: 12 April 2019 Aantal woorde: 75 176 Kere gelees 2

Hoe lap mens ‘n versplinterde hart?
Hoe haal mens ooit weer pynloos asem
as fondasies verkrummel
en alles uitmekaar spat?
Hoe pas mens weer jou menswees
in die holte van ‘n raam
(waar jy eens veilig kon voel)
as brokstukke
die beeld nou verwrong?

Onbewus die lont se wegbrand
met oë vertroebel, verblind.
Die vlam se skroei
wag ademloos
op die finale slag
wat die lot sal verander
van dit wat eens was!

©Driekie Grobler




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Zebulon Kochk

    13 April 2019

    Hartrakend💯🌹

  2. Driekie

    11 Mei 2019

    Baie dankie, waardeer opreg jou lees en kommentaar op my gedig.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 24
Kommentaar telling: 126

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 53 gaste aanlyn

Bydrae Totale