Jongste aktiwiteit:

Verruklike Vark

Die diereriem “Vark”

Volgens die Chinese is die Vark die laaste dier in die siklus van die Chinese astrologie. In Japannese en Tibettanse astrologie word dit vervang met die Wildevark. Volgens ‘n legende was daar ‘n groot rivier gebou en die diere het in die siklus van volgorde resies gehardloop. Die Vark het gestop want hy was honger, later aan die slaap geraak, en net betyds wakker geskrik om die resies te voltooi, en twaalde plek te behaal.

Die Chinese glo dat elke mens se lewe deur ‘n dier gekenmerk word. In watter jaar jy gebŏre is, dit word dan die diereriem genoem. Hulle glo ook dat jou persoonlikheid oorheers word met die spesifieke dier wat onder jou geboortedatum val.

Kenmerke van ‘n Vark is, goedhartig, getrou en eerlik, maar ook naïef, liggelowig en traag. Beste maats vir ‘n Vark is ‘n Konyn, Bok, Hond, Tier Perd, Draak, Aap, Rot, Slang, Haan en ‘n Os. Gelukkige blomme is Lelie van enige spesie. Gelukkige kleure is geel, vermy rooi of blou. Hulle beste seisoen is winter.

Die diereriem in ’n sinagoge in Israel (6de eeu). Die diereriem is ’n sowat 20 grade breë, denkbeeldige gordel aan die hemelruim waarlangs die son, maan en planete skynbaar beweeg. Die sterrehemel draai elke dag van oos na wes om ’n vaste pool. Nes die son elke dag op dieselfde plek sit, so keer die sterre elke jaar terug na dieselfde plek aan die hemelruim. Van die oudste bekende sterrebeelde is die twaalf van die diereriem. Aan hulle is ’n besondere betekenis geheg omdat hulle as’t ware die agtergrond vorm waarteen die son, maan en planete beweeg. Die diereriem lê skeef op die hemel-ewenaar. Die twee vlakke vorm ‘n hoek die “heilig” van die ekliptika. Die rede hiervoor is dat twee nagte en twee dae per jaar ewe lank is. Die Ram is omstreeks 300 v.C die beginpunt van die diereriem gekies.

Terwyl die presessie belangrik is vir sterrekunde, is dit weinig van belang vir die astrologie. Slegs planete is belangrik, en hoe hulle om die aarde beweeg. Die son beweeg deur die jaar deur al die sterre tekens, die baan word hoofsaaklik die diereriem genoem. Die Weegskaal is later bygevoeg, word genoem die kloue van die Skerpioen.

Die verdeling van verskillende sterre tekens, stam uit die Babiloniese astronomie in die 7de eeu v.C. Hang af hoe die son se lentepunt wat toe nog in die Ram gelê het. In die 4de eeu v.C. het die eerste astrologiese horoscope verskyn. In China het die eerste onafhanklike diereriem ontstaan wat die “ Geel Weg” genoem word, dit het met die teken Rot begin. Die Chinese kalender is ‘n kalender wat soos die Hebreeuse kalender elemente van ‘n maankalender en ‘n sonkalender insluit. Die Chinese kalender word nog ingespan om feesdae soos die Chinese nuwejaar, voorjaar- en herfs-fees aan te dui, en by die astrologie. Aangesien elke maand die maansiklus volg, word die kalender ook gebruik om maanfases aan te dui.
Varke se nuwe jaar begin op Dinsdag 5 Februarie 2019 en strek tot 24 Januarie 2020. Varke word in China beskou as lui diere, wat vreet en vet word. Aan die positiewe kant weer, bring hulle welfaart na mense en rykdom. Hulle is baie onafhanklik, wys maklik genade om ander se foute te verduur. Altyd optimisties, en bedagsaam. Suiwer van hart, kan maklik verkul word.

Sterk punte is: warm van hart, goed getemper, lojaal, eerlik en sag.

Swak punte: baie naief, liggelowig, traag en kort van humeur.

2019 voorspel ‘n jaar van baie opdraendes en afdraendes vir die Vark. Hulle kan baie gespanne voel onder te veel regulasies. Daar is ‘n moontlikheid van salaris verhogings maar dit kan deur baie onverwagte uitgawes geaffekteer word. Vir vroulike varke kan dit egter ‘n jaar van liefde wees, die begin van ‘n mooi verhouding.

Die vrou vark, is vol opgewondenheid. Baie maklike persoonlikheid om oor die weg mee te kom, mense vertrou hulle maklik. Soms is hulle te oor vriendelik en vergeet om spasie te gee vir ander se menings. Baie hardwerkend en dit sal geld laat inkom. Georganiseerd, veral in die huis, en is lief vir kinders.

Mans onder die teken gebŏre is baie doelgerig en gefokus. Nie baie goed met geld nie, word maklik gekul met transaksies. Stil van geaardheid, en weet nie hoe om hulle kennis in woorde om te sit nie. Baie mense gaan vir hulle jok, anderkant weer baie is lief vir die vark.

Beste lewensmaats is die brawe tier, wat hulle sekuriteit gee. Die haas sal deur die vark se warmte en inteliggensie aangetrek word. Slange en Varke se persoonlikhede bots hulle is glad nie aanpasbaar nie. Met ape ook hulle bots gedurig, en so ‘n verhouding is altyd gespanne.

Dit is baie belangrik vir die vark om nie die jaar teen probleme vas te kyk nie, sien dit eerder as ‘n uitdaging vir die toekoms, en om sukses te behaal.

Voorspoedige nuwe jaar aan al die Varke.
Xin nián kuài lé




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed