Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: VERPLANT. ( ITALIAANSE SONNET)

Deur Margaret Cordier
Datum gepubliseer: 19 Mei 2019 Aantal woorde: 90 174 Kere gelees 2

Lang lou dae lê nou laken gevou,
en die nag hang al tafelnet oor die baai.
Kindervlokkies soos malmokkies bliksaspaai
– vang vroeg oggende die donsige dou.

Dan ry ons oor na Bouvillion
waar ons Gariep vleg, deur boorde draai,
en touspring oor ‘n Suid-ooster se waai.
Ag as alles maar net kon…..

….vir ewig duur in hierdie tuin.
Waar kokers nou met flikkerende swaard
my drome van gister bewaak

het ek uiteindelik nou op die kruin
van my struikelberg iets gewaar,
dat ‘n roesrooi môre binne my ontwaak.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 31
Kommentaar telling: 18

Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 70 gaste aanlyn

Bydrae Totale