Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: VERLORE WONDERLAND

Deur VlooiBoynton
Datum gepubliseer: 5 Desember 2018 Aantal woorde: 149 23 Kere gelees Hou van

Alice in ʼn droom van ʼn verlore wonderland, alleen bang en vasgevang
en ek het dit al gesien, die land waar mens jou pille gee om te kou
en waar mens verdwaal lag, huil sonder ophou
drink van die onsekerheid, dan struikel hulle met gevoellens
waar hulle gedagtes met hulle weg strompel
alleen, bang vasgevang in ʼn groot emosie geveg
wat die laaste bietjie van jou siel probeer intrek.

nimmer koud en nimmer warm altyd tyd
tyd vir al die dinge en dan nog plek vir iemand, plek vir niemand
Alice-Alice wie is jy? waar kom jy vandaan?

Alice dis ʼn droom word nou wakker voor jy verder verdwaal
maak oop jou oë, ek het al die erg daarvan gesien
nimmer einde, nooit begin, nimmer meer as dit
Alice, Alice kind gaan jy jouself en jou siel ooit hier uit kan vind, of hou die nuuskierigheid jou blind?

——-ooo000ooo——-

(© Kopiereg: Vlooi Boynton)




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. Anze

      Desember 5, 2018

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek

    2. VlooiBoynton

      Desember 5, 2018

      Dankie vir die geleentheid om deel te wees, en baie dankie vir die tyd wat in gesit is om my werk te lees.
      Dit word hoog op prys gestel.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 13
    Kommentaar telling: 13

    Ek bedryf my lewe intuïtief, en het dadelik geweet ek moet my gedagtes in gedigte toonset Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Mag ons nog lekker saam lag en huil

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 15 gaste aanlyn

    Bydrae Totale