Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Verlore tyd

Deur Lia Kilian
Datum gepubliseer: 1 Oktober 2019 Aantal woorde: 657 233 Kere gelees 3

Verlore tyd

Water druppels lê tussen die stof voetspore op die houtvloer. ʼn Snik ruk deur Antjies se reeds seer bors. Die koevert wat sy vasdruk teen haar bors is opgefrommel van emosie, Sy hou dit vas soos ʼn kleinnood. Hoekom? Hoekom het hy dit nie vir haar gestuur nie? Sy vou die brief vir die soveelste keer oop en trek die amper uitgebrande kers nader.

Sy sit al die heeldag en aand in die solder en nog net twee bokse is uitgesorteer. Dit voel soos gister wanneer die prokureur haar gebel het in Winnipeg.
“Antjie Jansen?” Om Afrikaans te hoor na twintig jaar was vreemd op haar oor gewees.
“Dit is sy wat praat.” Het sy geantwoord met ʼn reeds vreemde aksent, maar haar moederstaal het oor haar lippe gerol so of sy hom nog elke dag praat.
“Dit is Annalize Jeffrey wat praat van Jeffrey en Vennote prokureurs en akte kantore in Vleifontein.” Sy het haar asem opgehou en met ʼn frons gevra
“Waarmee kan ek help?” Soos wat die vrou praat het sy stadig in die stoel terug gesak en ongeloof en trane het stadig oor haar gesig gerol.

Die verbleikte vel papier in haar hande is al gevlek met die traan druppels as sy hom vir die hoeveelste keer lees en die ou foto vergete op haar skoot lê.

“Liefste Antjies

Ek weet regtig nie hoe om te begin nie, dus wees maar geduldig en weet die woorde kom diep uit my hart.

Na jy verdwyn het agt en twintig jaar gelede was ek gebreek. Ek het nie geweet hoe om dit te hanteer nie en my afgesluit van die wêreld. Ek het deur ʼn rowwe tyd gegaan en nie geweet hoe ek die toekoms verder sal kan aanpak nie. My alles was weg. Ek het na twee jaar begin soek na jou. Het privaat speurders gekontak, maar dit was alles vrugteloos. Ek het hierdie innerlike vrees gehad dat ek jou nooit weer sal sien nie. Die lewe het aangegaan, maar my liefde en verlange het ek diep binne my weg gesluit. Met elke bekende liedjie en elke bekende reuk, het jou gesiggie opgespring in my gedagtes en ek kon die pyn van vooraf voel. Ek wil hê jy moet weet ek het nooit op gegee nie.
Twee maande terug het ek my eerste leidraad gekry. Ek het soos ʼn kind gevoel wat ʼn vroeë kerspresent gekry het, maar was bang Kersvader kom hom terug vat as ek dit te vroeg oopmaak. Dus ek het geduldig gesit en wag vir meer inligting en bewyse dat dit wel jy is.
Hoe wreed kan die lewe wees, maar tog so goed. Jy was in ʼn ongeluk en het ernstige kopbesering op gedoen. Jou geheue was weg. In die een kant was ek verlig vir jou part, want nou is jou wrede en ongelukkige kinderjare tot ʼn einde. Tog was ek bitter want dit het ons twee uitmekaar gehou. Ek moet bieg en het jou agterna gesit Kanada toe. Daar waar jy en jou gesin by Manipogo vakansie gehou het, het ek jul ure gesit en dop hou. Jy was so gelukkig, ek kon myself nie kry om nader te gaan nie. Jou kinders en man se liefde en beskerming het uit hul gestraal vir jou. Ek het gewik en weeg of ek maar nie mag selfsugtig wees en die kans vat dat jy jou kinderjare weer sal onthou nie. Hoe verduidelik ek dit aan jou man en wat sou dit aan jou kinders gedoen het nie. Die dokters het wel gesê dit is permanente geheue verlies, maar ek was nie bereid om die kans te vat nie. Wel ek is terug in Suid Afrika en het besluit om liewers vir jou die brief te skryf en die foto van ons aan jou te stuur. Vergewe my asseblief as ek dalk selfsugtig voorkom, maar ek kan nie meer die verlange onder druk nie.

Baie liefde en verlange
Jou tweeling broer.
Tjaart Jansen.”

©Lia Kilian




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 9
Kommentaar telling: 0

Ek skryf sedert skooldae. Niks ernstig nie, tot 9 jaar gelede. Skryf is vir my 'n passie. Paar gedigte is al gepubliseer in verskeie media, ook het ek een digbundel uit gegee. Gedigte is nie vir my ietsie wat jy moet lees of verstaan nie, jy moet hom voel. Ook skryf ek romans en kortverhale. Paar van my kortverhale is in gesamentlike bundels opgeneem en het ek ook my eie kortverhaal bundel uit. My eerste roman is ook al uit, na jare se herskryf en wik en weeg. Ek skilder graag en dis vir my 'n ontvlugting. Na 23 jaar in 'n opgeknopte kantoor en net met syfers het ek besluit om voltyds aandag te gee aan dit wat ek graag in my lewe wil doen. Ongelukkig moet ek lewe en my laatlam nog deur hoërskool sit, dus kan ek dit nog nie voltyds doen soos ek graag wil nie. Maar 'n kantoor sien my nie weer nie, dus saam die skryf skilder en ma wees is ek ook onderwyser vir kinders met leer en emosionele probleme. Dit bring vir groot vervulling om die liefde en trots op hulle gesiggies te sien.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 105 gaste aanlyn

Bydrae Totale