Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Verlore drome

Deur Palet
Datum gepubliseer: 31 Julie 2019 Aantal woorde: 71 133 Kere gelees 3

Al die opdraandes en afdraandes
stofpaaie en teerpaaie
die reis van die lewe
soms vol sinkgate ander kere glad

Al die waardevolle lesse
dit al’s van lank terug
het ‘n verskil gemaak
van wie jy vandag is

My gebedtjie toe ek ‘n kind was
“Dankie Liewe Heer
maak my hartjie rein en teer”

Vandag het my gebed verander
want vandag se drome
het tussen die gisters
se verlore tyd stil geraak




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    31 Julie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 359
Kommentaar telling: 350

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 157 gaste aanlyn

Bydrae Totale