Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: VERLORE DOSSIER

Deur GhwarriegatQueen
Datum gepubliseer: 8 Mei 2019 Aantal woorde: 70 115 Kere gelees 2

VERLORE DOSSIER

My hart tuimel deur die rou DNA van jou lyf.
Slowdance onbevange op die liefdesritme van jou hartsbewegingslyn…. Doef. Doef.
Tot ek deur jou vingers splinter.
Val.
Alleen in die jassak van hierdie swart-agaat nag agterbly.
Steeds soekend na die verlore Dossier van jou asemhaal in my.

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag die slot van jou verhaal in bloeisels geskryf wees.
©Liza Daniells




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 55
Kommentaar telling: 18

Vergun my net so n skeutjie se agtergrond; seblief - Ek sal dit kort hou. Ek was vir 26 jaar (van ouderdom 8 jaar) vasgevang in prostitusie, delms, satanisme; ens. Ek sal jou nie opsaal met die detail nie. Ek is nou al 21 jaar deur God se genade vrygemaak van daai boeie van die verlede; maar ek ervaar steeds baie vervolging en verwerping van kerk en Establishment. En - verloor om n laaang storie kort te maak, ek het net mooi ALS - letterlik en figuurlik verloor. Hoeveel maal in die winter moes ek fisies op straat slaap; enne is nou een keer gegangrape......nou sit ek met serviks kanker. Maar dis nie die punt nie. Nie nou nie, in elk geval. Ek wil nie chemo of n hospitaalbed he nie. Ek wil weer die seesand onder my voete voel; die see sien. Ek is onherroeplik mal vir die see; vir mooi, ou Kaapland. Ek wil waag om te glo in die gebeur van n wonderwerk. Weer geluk vind; liefde. Ek wil LEWE!!!

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 2,838 gaste aanlyn

Bydrae Totale