Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vergifnis

Deur Driekie
Datum gepubliseer: 9 September 2020 Aantal woorde: 62 95 Kere gelees 2

in die loopgraaf van my gemoed
skink ek vir oulaas ʼn kelkie bloed

tussen vergeelde liefdeswoorde
lê vele vergete beloftes
verdwaal in rym en akkoord

want jou dade het dit weerspreek
jou hande tussen waarheid en leuen
verdwaal geraak
die teenoorgestelde begin praat

nou staan ek hier voor jóú loopgraaf
en strooi reuklose blomblare
hef dan in vergifnis aan…
“Amazing grace…”

©Driekie Grobler
8/9/2020




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 52
Kommentaar telling: 123

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 85 gaste aanlyn

Bydrae Totale