Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Verganklikheid

Deur Driekie
Datum gepubliseer: 30 Julie 2020 Aantal woorde: 79 120 Kere gelees 8

‘n lewensvlam
word brandgesteek
met eerste asemteug
flou, flikkerend
deur skadu’s omring

voortdurend die wedloop
tussen uurglas en lont
met elke asemteug
só terstond

dreigend die stormwind
van siekte of geweld
meëdoenlose wedywer
om voortydige blus

maar, genade suurstof lig
laat hoop telkens opvlam
met wil om te veg
gedryf deur oorlewingsdrang

met uurglas se leegloop
en lont opgebruik
is al wat oorbly – ‘n laaste sug
voor finale blus

©Driekie Grobler
(Foto geneem deur Diane Steenkamp)




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    30 Julie 2020

    Pragtig Driekie

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 55
Kommentaar telling: 125

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 94 gaste aanlyn

Bydrae Totale