Jongste aktiwiteit:

Verbrande brug

Met woord, daad en kyk
(so bitter onverskillig)
het jou hand oor swael getrek
en waar eens ‘n oorloop was
vertoon nou stom-verbaas
slegs ‘n hopie as

met een enkel daad
is ‘n leeftyd se vertroue geskaad
met een enkel woord
‘n galg gehang vir finale dood
met een enkel kyk
het vrede ontwyk
my siel pyn-bevlek en belas
in ‘n wurggreep totaal onvanpas

wat was
sal nooit weer wees
die oorsprong
uit ‘n geknakte gees
niks hou ooit stand
waar brue verbrand
want …
waar eens ‘n oorloop was
vertoon nou slegs
‘n hopie as.

©Driekie Grobler




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed