Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Verbode offers. (LIEFDE)

Deur Wilfred Funchal
Datum gepubliseer: 30 April 2019 Aantal woorde: 332 185 Kere gelees 2

Verbode offers. (LIEFDE)

Sal die mens in die ewig, dan nooit nie leer
sekere offers, moet jy, vanuit die siel uit keer
dis die offer van omgee, eindelik, maak dit seer
dis die offer wat sê!, ek ken jou nie meer

dis die hoekom offer wat nie die liefde deel
hoekom het jy dan, die en daai gedoen
hoekom het jy dan nie daai gedoen vir die
hoekom kon jy nie maar die hoekom los

dis die ek offer wat nie die liefde deel
ek wou die en daai, jy wou dit dan nie
ek wou nie die vir daai en jy het dit dan
hoekom is dit die ek en dan nie jy nie

dis die hê offer wat nie die liefde deel
ek wil die hê en ek wil daai hê, jy wil nie gee
ek wou nie daai van die hê, hoekom het jy dan laat lê
hoekom kon die ek dan nie net vir jou ‘n iets terug gee

dis die doen offer wat nie die liefde deel
doen die of daai vir my, of ek gaan jou kry
doen daai vir die, of jy’s nie meer aan my sy
hoekom sou die ek dan vra, as jy net die hê moet doen

dis die moet offer wat nie die liefde deel
jy moet die of daai, doen, sonder om te kraai
jy moet daai vir die doen sonder om te raai
hoekom wil die ek dan hê die jy moet net doen

dis die jy offer wat wel die liefde deel
jy is die een vir my, ek kan by jou rerig nie ‘n foutjie kry
jy is die een wat my lewe deel, kan ons dan ‘n bietjie vry
jy is die een wat ek begeer, al die ander kan maar kry hul ry
hoekom is dit nie maar die Jy as die Ek maar tuis kon bly

Liefde vra nie, liefde gee, moet die een nie onder die mat invee

Kopiereg ©Wilfred (Willy) Funchal




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 16
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 67 gaste aanlyn

Bydrae Totale