Jongste aktiwiteit:

Vel Omhulsel

Weefsels om
skedels van plus minus
ewe maat
trek gesigte van
vele maat.

Fetus verrimpel vel
kyk met grootmens oë
in die koue lig,
skree verskrik.

Kinder sagte vel
voel die eerste son
op vel wat
brand.

Tiener knoppies vel
raak die growwe pad
snyend dieper as
eie vel.

Professionele gladde vel
met skurwe hande
room boedel bates
met elke taak.

Geplooide aftree vel
songevlek skyn
verveeld oor
lewe te wees.

Dun blou geaar vel
vou om dun bene
wys die lewe
as ń kort
gewag.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed