Jongste aktiwiteit:

Veilig in die nag

Veilig in die nag

Die man wat net is
op sy stil lawaaimanier
met sy hande praat en
gisterseer sag wegmasseer
styf vashou en saggies streel
oor lankalkurwes van ‘n moeë
lyf wat dan geliefkoos voel
altyd eerlik sê wat hy bedoel
in die ernsblou van sy skitteroë
tussen trane deur my laat lag
eerlik opreg my respekteer
fluistersag my veilig hou
in die nag…

Sy skrywershart blootgelê
in elke woord wat dié skrywer sê
met liefde vir die lewende taal
‘n stem wat huil en skree en lag
met woorde wat hom veilig hou
in die nag

© Grootvissie




12 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed