Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Vang die oomblik vas

Deur Wilhelmina
Datum gepubliseer: 25 April 2016 Aantal woorde: 66 705 Kere gelees 9

Vang die oomblik vas …
Hoe weet ek dan
Of dit die oomblik was
Dis verby, dis gedaan

Vang die oomblik vas …
Laat dit jou nie ontwyk
Dis rondom jou, kyk
Daar waar dit altyd was

Vang die oomblik vas …
wat geld nie kan koop
oral waar ons loop
loop ons in die oomblik vas

altyd daarin toegevou
gryp dit, voel dit, daar in jou

©Wilhelmina Potgieter




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Wilhelmina

    25 April 2016

    Ek weet nie of dit ’n sonnet is nie. Weet nie baie van die digkuns nie. Help my asseblief reg. Ek hou van opbouende kommentaar. So leer ek graag.

  2. Arnold

    26 April 2016

    So vra ons maar almal of dit die regte oomblik is, dan is dit neusie verby.

    Goed neergepen.

    Loer gerus hier onder die afdeling, “Carpe Diem” (Gryp die oomblik) – Sonnet

  3. Anze

    26 April 2016

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Carpe diem projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 2
Kommentaar telling: 2

Amper 64 jarige ouma en ongepubliseerde skryfster. Lief vir my taal en lees graag ander skrywers se interpretasies daarvan. Sommige mense het net ’n slag met woorde wat my verstom. Woon tans in Springbok, Noord-Kaap. Trek eersdaags permanent na Scottburgh, KZN, waar ons aftree en die wonder van Godsskepping my inspireer.  

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 61 gaste aanlyn

Bydrae Totale