Jongste aktiwiteit:

Vandag…

Vandag sing my gemoed saam die blues.
Vandag herinner elke noot my aan jou.
Vandag roep ek in die wind jou naam.
Vandag soek my elke hartklop na jou.
Vandag is een dag te lank.
Vandag is meer tyd as wat ek kan handle.

Vandag mis ek jou.
Vandag mis ek ons.
Vandag mis ek jou hande se vat.
Vandag mis ek om te swem in jou oë.

Vandag loop ek en fluit ons song.
Vandag loop my hart en roep na jou.
Vandag loop ek en soek na gister.
Vandag loop ek en fluister my trane.

Vandag is ek jammer.
Vandag is ek bitter sad.
Vandag is ek verskriklik seer.
Vandag weet ek wat het ek verloor.

(C) Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed