Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Van uurglas tot wynvat

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 28 Februarie 2019 Aantal woorde: 73 211 Kere gelees 4

(goud)

kitkat en chips en hanepootdruiwe
eens had ek en my vriende
sulke uurglasie se lywe

maar wat sou dit baat
om dit te ontken
– tyd se verloop
het die groot stryd gewen

na dekades van eet
en met ’n leeftyd belas
kan byna almal van ons
in leë wynvate pas

want nou het ek en my vriende
sulke mooi ronde lywe –
(van al die)
kitkat en chips en hanepootdruiwe

© Carma Shaw
28 Feb 2019
9:25




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    1 Maart 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek – TYD

  2. Kiekies

    3 Maart 2019

    Agge jinnekie tog, dis ongelukkig alles waar! Dat ons nou in wynvate kan pas, giegiegie.

  3. Hastur

    5 Maart 2019

    Dit is baie oulik, hou daarvan!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 340
Kommentaar telling: 914

Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 50 gaste aanlyn

Bydrae Totale