Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Van gister tot vandag

Deur Palet
Datum gepubliseer: 28 Februarie 2019 Aantal woorde: 1782 210 Kere gelees 7

Die lug is helder blou, dis ‘n skoon sonnige dag. God het hierdie blou struktuur in die lug “hemel” genoem. Die groot man gryp sy blou rugsak, die groot man begin in die lug opstyg. Die vliegtuig gooi ʼn wye draai en vlieg toe stadig …

Haar rok brand soos ‘n blou vlam teen die vaal agtergrond van die stowwerige lug, vanaand vir die eerste keer in 36 jaar gaan ‘n super-blou-bloedmaan wees! … sal die lug verdonker en die volmaan in sy volle glorie sigbaar wees. Nes die geur van bloeisels het romanse in die lug gehang, Op die dag van die troue snak almal na hul asem die oomblik toe die bruid die kerk instap. Dit voel meteens asof die lug met elektrisiteit gelaai is toe Meyer haar kleiner boetie daar instap. Hy en Jaques sy suster se aanstaande man kom nie goed oor die weg nie, eintlik glad nie. Die stralende bruid gooi haar lang sleep speels in die lug. Na die seremonie en koek-sny het hulle gaan foto’s neem saam die gevolg.

Dan is dit tyd om die brandende vars lug diep in te asem, skielik was daar in die lug bokant hulle ‘n geluid, soos ‘n geweldige ontploffing.‘n Stort reën val, die lug grys soos leiklip. Dit lyk amper soos sononder, volgens omstanders het die vliegtuig net in die lug in die regte rigting gedraai voor dit neergestort het. Die ligte vliegtuig het met sy neus in die rivier geval. Die vliegtuig se enjin het blykbaar onklaar geraak kort nadat hulle van die vliegveld in Stilbaai opgestyg het.

“Ronel! Waar is jy!” Roep Jacques benoud van onder ‘n stuk van ‘n vliegtuig’wrak uit.

Dit voel of sy lyf op paar plekke gebreuk is, sy kop bloei en hy het ‘n diep sny oor sy voorkop. Hy probeer regop kom nadat hy paar keer vir Ronel geroep het, maar geen antwoord gekry nie. Sy regter been is sleg gebreuk, en met sy mediese agtergrond probeer hy die bloeding stop en dit spalk. Hy sleep homself tot by Ronel, sy lê onder ‘n groot boom, met ‘n deel van haar bene wat oor die rivier se wal hang. Jaques skrik toe hy haar sien, sy haal baie vlak asem, en het reeds baie bloed verloor. Kreun effens toe hy aan haar raak, en maak selfs haar oë oop.

“Water, water ek is baie dors.”

Jaques gee haar bietjie water om te drink, en probeer haar gemakliker maak. Sy kan glad nie haar bene beweeg nie, en hy dink sy het haar rug gebreuk. Hy hoop nie dit is ernstig nie, Hy wil nie eers aan die moontlikheid dink dat sy verlam kan wees nie, sy is ‘n professionele model, en haar beroep is haar lewe. Behandeling kan baie wissel na gelang van die graad van die besering en of die rugmurg geraak word. Daar is heelwat mediese toerusting in die wrak van die vliegtuig, maar dit beteken hy sal moet duik om dit te probeer uitkry. Ten spyte van al sy beserings slaag hy daarin om die noodhulpkas te kry, en begin om Ronel se wonde te verbind. Hy neem haar bloeddruk, dis heelwat hoog maar dit kan die oorsaak wees van bloedverlies en skok.

Nadat hy Ronel so gemaklik moontlik gemaak het, verbind hy sy eie wonde. Die sny aan sy voorkop sal moet steke kry, hy sal dit self moet doen anders gaan dit septies raak. Hy kyk in Ronel se handsak en kry ‘n spieëltjie, ontsmet die sny en sit dan tien steke in. Dit brand soos vuur, en hy byt op sy tande van pyn, daarna verloor hy sy berwussyn en skrik ure later eers wakker. Dis ‘n koue Saterdagoggend in die middel van Julie, hy gaan lê styf teen Ronel vir hitte, haar liggaam is yskoud. Hulle kos voorraad is genoeg vir vyf dae, maar indien iemand hulle nie vinnig gaan kry nie, glo hy nie hulle gaan die koue en omstandighede tot dan oorleef nie. Toe dit nag begin word besef hy dat hy vir hulle ‘n warmer skuiling sal moet soek, dieper die woud in, dis koud hier hier langs die rivier. Van die wrakstukke dryf in die rivier af, hy bid iemand sien dit raak, teen die tyd is seker al noodberigte uitgestuur oor hulle verdwyning.

“Jaques, sal jy asseblief vir almal sê ek is baie lief vir hulle, indien ek dit nie gaan maak nie. En vir jou my man, jy is wonderlik en ek sal ons troudag vir altyd onthou.”

“Sjuut, my vrou, jy moet rustig wees, ek kyk mooi na jou en doen my bes om ons aan die lewe te hou. Die Here sal ons help, ek is seker dis nie meer lank nie dan gaan hulle ons kry. Teen die tyd is Meyer seker al oppad op sy eie om na ons te kom soek, jy ken jou boetie hy sal alles in sy vermoë doen om sy geliefde suster te vind.”

Daar is ‘n staproete wat digby hulle verbygaan, Jaques het dit ontdek en vir hulle daar naby ‘n skuiling gemaak. Indien daar dalk ‘n stapper verbykom sal hy hulle sien. Rondom hulle lê heuwel op heuwel, die natuur lyk nog mooi vir die tyd van die jaar. Vroeg die volgende oggend is Ronel se broer oppad na die ongelukstoneel, helikopters het die wrakstukke opgemerk en is besig om’n soekgeselskap uit te stuur. Die bodem van die woud is soos ‘n verkeersone van insekte en diere, en die plantegroei is baie dig daar. Dis moeilik om toegang te kry tot ‘n sekere deel van die woud waar die vliegtuig geval het. Lesotho se sneeubedekte Malutiberge is ook dynserig in die verte te siene. winter, diep riviere en geelhout woude met watervalle maak dit ‘n paradys.

Meyer trek sy stapstewels aan, maak sy rugsak vas op sy rug, en volg die gids wat saam met hom loop. Hulle volg die stap roete want dan sal hulle nie so maklik verdwaal nie, Matsa-Mararo-waterval, Hlotserivier, bergbamboesruigtes verder bergop te stap tot by MatsaMararo, ‘n waterval met drie vlakke. Hulle staan hier bo die ravyn, met die hoë waterval wat donderend na onder stort. Hlotse (ook bekend as Leribe) is ‘n belangrike markdorp in Lesotho. Dit is geleë op die Hlotse-rivier, naby die grens met Suid-Afrika. Die dorp is in 1876 gestig …

Hulle is nou bo-op die Drakensberg-eskarp, met Lesotho se hooglande … Dis ongeveer ‘n duisend meter se val tot onder in die vallei. Dis ongeveer ‘n duisend meter se val tot onder in die vallei, ‘n kontoerpad net onder die kranslyn volg en dan Masubasubapas. Die volgende oggend is die “High Berg” toe onder die sneeu.

Die berg wat soos die tande van ‘n vurk in ‘n smal vallei steek. …. Die bordjie by die 11 km-merk lui: “Sit jou voertuig in die laagste rat. Die Vallei vann Duisend Heuwels is vernoem na die talle heuwels, kranse en valleie wat die Umgenirivier omsingel, is bekend om sy besondere heuwellandskap. Is werklik een van Kwa Zulu Natal se mees gesogte juwele. Van die groen heuwels en oranje-bruin sandsteenrotse van die Little Berg tot by die steil passe van die High Berg in Lesotho – dit is wat die suidelike Drakensberge jou bied.

Jaques en Ronel se toestand versleg by die dag, dis nou die sesde dag wat hul veg vir oorlewing. Dis vriesend koud, die son skyn maar dis nog steeds bitterlik koud. Soos wat dit nou hier is, elf uur die oggend is dit ‘n vriesende 8°C buite. Vir ons wêreld is dit koud, baie koud. … Jacques se been sal heel moontlik geamputeer moet word, dit is potblou en het geen bloedsomloop nie. Ronel se lewe hang aan ‘n draadjie, hy glo nie sy sal nog ‘n dag sonder mediese hulp kan oorleef nie. Met tye gaan sy in ‘n diep slaap, en dan kom sy ure later weer by, maar net vir klein rukkies. Haar bloeddruk het erg geval en daar is feitlik geen polsslag nie.

So vaar Meyer en sy gids, die voetheuwels van die Little Berg in. Hulle stap al hoër op in die vallei tot by die Gxalingenwa-grot waar hulle die aand slaap. Om op 3 000 m bo-op die eskarp in Lesotho te kom, moet hulle’n hengse steil opdraand uitklim, ’n kontoerpad net onder die kranslyn volg en dan Masubasubapas (tussen die twee Hodgsonspieke wat die “giant’s cup” vorm) uitklouter.Hulle moet kort-kort rus teen die steil helling want die hoogte. Dan kry hulle die eerste kolle sneeu soos ons nader aan Masubasubapas kom. Eers is die sneeu mooi, dan word dit koud en dan word dit konsentreer met elke tree om vastigheid onder jou voete te kry. Teen laatmiddag is hulle bo en slaan ‘n tent op. Soggens is die sneeu ge-ys en dan moet die gids plek-plek die yspik inspan om vastrapplek uit te kap, Meyer gly-gly so agterna. In die middae is die sneeu sag. Toe hy die oranje bergklimtou agteraan sy rugsak vasmaak (“net vir ingeval”), weet ons hier kom ’n meneer van ’n afdraand. Die helling van Mashaipas en die sneeu beteken jy kan nie ’n voet verkeerd sit nie. Meyer help met die yspik. Voetjie vir voetjie kom hulle veilig tot onder by die rivier.

Meyer besef daar is nie meer tyd oor om te mors nie, hy voel benoud oor wat hulle mag vind, sy suster en haar man se lyke dalk. Hy en die gids kyk vir leidrade oral tot waar hul oog kan sien, hulle weet hulle is naby die ongeluks toneel. Nie baie ver vandaar kry hulle die eerste leidraad, ‘n stuk lap wat om ‘n klip in die staproete vasgebind is. Hulle stap vinniger, elke tree is nader aan sy suster dink Meyer met nuwe hoop in sy hart. Die gids ruik ‘n ent van hulle af rook wat smeul in die woud, hulle begin loop in daardie rigting. ‘n Uur later vind hulle Jaques en Ronel.

“Ronel! Roep Meyer hard, ons is hier!”

Geen reaksie van die twee beseerdes, hulle isin ‘n kritieke toestand. ‘n Netcare 911helikopter op pad na die toneel.

Twee maande later stap Jaques en Ronel vir die eerste keer na die ongeluk weer hand aan hand, hulle het wonderbaarlik herstel, al wat Jaques oorgehou het is ‘n effense mank been. Hy het ‘n onder-knie amputasie gehad, maar al wat saak maak is dat hulle ‘n tweede kans gekry het, om saam te wees, dinge saam te doen, saam te gesels en saam die lewe te geniet. Dis ‘n kristalhelder dag met die mooiste blou lug, en die son wat pragtig skyn. Haar blink, blou oë en warm glimlag, is vir Jaques die mooiste-mooiste dag.

 

 

 




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    28 Februarie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek – TYD

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 350
Kommentaar telling: 349

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 113 gaste aanlyn

Bydrae Totale