Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: vag

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 1 Junie 2020 Aantal woorde: 57 56 Kere gelees 1

‘n goue vag
hang oor my duin
die vlies van vrede
tussen koue fronte
is daar rustigheid
kalmeer die dag
snags brul die
rollende see
ver op horison
loer die maan
‘n skrefie lig
sag kleur
dit strande
fyn geel
en lê soos
sagte wol-vag
oor my duin
waar skadu
in skrefies
lê en loer

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 844
Kommentaar telling: 120

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 47 gaste aanlyn

Bydrae Totale