Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: unigrwydd

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 10 Januarie 2021 Aantal woorde: 82 17 Kere gelees 1

kragtige golwe stroom oor my strand
dit beur en versteur my duin se aangesig
sterk suid-ooster help dit aan en ek verstaan
dat môre en oormôre nie dieselfde kan wees nie
gister en vandag gaan so gou verby, dit herlei
my gedagtes na eensaamheid van myself
die krag van eensaamheid onvervuld
laat jou siel ly en aanhou stry teen
sagte strande van geluk
vervulling is soms
maar dun gesaai
tussen onkruid
op my kaai

©Teárlach
(unigrwydd = wallies vir eensaamheid)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1035
Kommentaar telling: 135

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 89 gaste aanlyn

Bydrae Totale