Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: UITDAGING – Wen so! Aandag alle lede.

Deur Inkmoderator
Datum gepubliseer: 30 Oktober 2018 Aantal woorde: 295 134 Kere gelees 1

Daar slaan die ontnugtering my soos ‘n drie-dag-oue-katvis dwars die bek deur. Die lede van INK laat die ink vloei; bouend en verbouend aan majestieuse verse, stories en allerhande ander skryfsels, maar dit wil blyk asof niemand werklik by hulle medelede se werk stilstaan en lees nie. Ek wil ‘n uitdaging rig: kom ons ondersteun mekaar en lewer kommentare. Dit is ‘n wen-wen situasie, want nie nét bemoedig jy nie, maar jy leer mos ook.

Suksesvolle skrywers, wat voordurend wil groei en ontwikkel, behoort 90% te lees en 10% te skryf.

Hoekom maak ek so ‘n stelling? Kom ons loer gou na ‘n paar feite:

1. Leeswerk leer voornemende skrywers van ander style, woorde en vars en anderse invalshoeke;
2. leeswerk help die skrywer om geykte uitdrukkings en metafore te identifiseer sodat ons dit in ons eie skryfwerk kan vermy;
3. leeswerk maak die brein sensories ontvanklik vir nuwe idees – dit ontwikkel nuwe “breinhoofweë” wat met genoeg oefening en voortdurende stimulasie onbeskryflik kan bydrae tot nuwe en vars idees;
4. leeswerk lei tot innerlike ontspanning en ontvlugting, wat op hul beurt bydrae tot ‘n varsheid van die brein. ‘n Brein wat genoegsaam rus, lei tot goeie en gefokusde werk en kreatiwiteit;
5. leeswerk sluit ander wêrelde, denkwyses en filosofieë oop, wat bydrae tot konsepsie en ontwikkeling van nuwe idees in jou eie skrywerskop.

Laat ek julle aanmoedig om mekaar aan te moedig deur by andere se werk te vertoef en ‘n spoor te laat.
Wees eerlik met jou kommentaar sonder om te kwes – so wen ons almal deur te luister na wat ons leserspubliek dink.

Neem jy my uitdaging aan? Laat jou naam hieronder in die kommentaar en dan kan ek so bietjie spioeneer om te sien hoe en waar julle mekaar aanmoedig.

Skrywers groete, in Afrikaans
IM




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. Martha

      Oktober 28, 2018

      Ek is baie ontrou, maar ek gaan regtig probeer om hier my deel te doen. Ons almal hou mos van aanmoediging, daarom sal dit lekker wees om op so ‘n manier my deel by te dra.

    2. Ano

      Oktober 29, 2018

      Ek is ook laks…. Groot ‘skuus en ek sal probeer om in die toekoms meer gereeld te kom inloer.

      Kan ek ‘n voorstel maak? Weet nie hoe werk webwerwe en hoe dit aanmekaar gesit word nie, maar is dit moontlik om die nuutste plasings in kategoriee te sit? Dan is dit mos makliker om daardie storie te volg sonder om eers tien of vyftien gedigte raak te click?

      Ek het eens op ‘n tyd ‘n plek gekry waar ek uitgesoek het van watter tipe leesstof ek hou en van watter skrywers ek graag wil lees. Ek het letterlik een enkele e-mail gehad, toe crash die rekenaar ‘n dag of wat later (geen verrassing daar nie want dit gebeur gereeld – my vingers makeer iets) en daarna kon ek dit nog glad nie weer regkry nie.

      My wiele val sommer af wanneer ek so sukkel en die gevolg was dat ek al hoe minder by Ink uitgekom het. Hoe lekker sit ek nou en verskonings uitdink :-))) Kyk nou net, ‘n hele rubriek geskryf ipv kommentaar!

      Ek hoop om in die toekoms beter te doen: meer lees en erkenning te gee aan dit wat ek gelees het, sowel as meer deelneem. Groete vir eers, Ano

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 20
    Kommentaar telling: 125

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 43 gaste aanlyn

    Bydrae Totale