Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Uit die bloute

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 7 November 2019 Aantal woorde: 87 62 Kere gelees 2

(goud)

Teen die einde van die lente
het die wind noordwes gedraai
en donker wolke van die see af
oor die Boland ingewaai.

Die dag het vreemd en koud gevoel;
die grond was klam van reën.
En as Novembermaand ’n vrou was
sou sy oor dié verlore sonskyndag
’n ballade uit kon ween.

Want, hoe ampersomer skielik winter
sal sy nimmer kan verstaan nie

ook nie hoe die mooiste liefde
(in die laatheid van die lente)
so abrup
tot niet kon gaan nie.

© Carma Shaw
6 November 2019
19:02




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    7 November 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2019 projek – Laat-lente

  2. HelenaMellet

    7 November 2019

    Jy het wragtag laat lente so mooi hier wasgevang.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 353
Kommentaar telling: 916

Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 74 gaste aanlyn

Bydrae Totale