Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: U stuur ʼn lemoenduifie

Deur Cornien
Datum gepubliseer: 31 Julie 2020 Aantal woorde: 114 158 Kere gelees 9

ek sit op my draadstoeltjie “bo-op” die sementbraai
sodat my oë aan die horison kan hang –
om te sien tot dáár waar uitkyk sy bloute kleur
en die spikkelbome sonstrale vang

maar hier deur die laagte,
sug my gemoed soos koue mis
en vou sy vingers om my benerige siel
terwyl alleen sy skoene uitskop
en hom tuismaak hier langs my nis*

dan sien ek hom…

ʼn klein lemoenduifie skaars twee meter van my af
koer-koer so asof hy sê “maar Ek is hier, maar Ek is hier”

© Cornien Naudé
31 Julie 2020

*nis – “Hy het sy bes probeer om iewers ‘n nis te kry waar hy kon tuis voel”

“Fototjie gebruik van google”




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    1 Augustus 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2020 – Klanknabootsing projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 129
Kommentaar telling: 86

Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 69 gaste aanlyn

Bydrae Totale