TWEE WINTERS
My pandokkie uit klip, gevul met yskoud
in die vaal vlaktes van die weste,
smag na geknetter, verlang na geklap,
net soos joune in die Kaap.
Bedel ek in geskrif, smeek ek in gedig
vir n kooltjie van jou vuur,
vlamme van jou kaggel,
waar hitte die winter verneuk.
Verwarm deur verbeelding,
verstar blik op klipmurasie,
waar huislikheid seevier
in snoesig atmosfeer.
My winter, anders as jou winter.
Maar as ons deel
kan twee winters ver van mekaar
saamsmelt om denkbeeldig somer te vorm.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.