Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Tussen Staties – Blues song

Deur Jessica Venter
Datum gepubliseer: 15 Maart 2018 Aantal woorde: 101 198 Kere gelees 1

tussen stasies opsoek na ons
my siel moeg baklei
brand my hart warm
steenkoolvure binne my

in my liefde verlaat
emosies nie meer in staat
het my hart klaar besluit
fluit-fluit ons storie is uit

tussen treine
waar my verlange sweef
vind ek my spore
in stofduppels geweef

stil sterf my sielswoorde
langs die ou treinspoor
waar ek alleen spartel
het ek myself verloor

in my liefde verlaat
emosies nie meer in staat
het my hart klaar besluit
fluit-fluit ons storie is uit

tussen stasies opsoek na ons
my siel moeg baklei
brand my hart warm
steenkoolvure binne my

©Jessica Venter
19/01/2018




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 47
    Kommentaar telling: 3

    Ek is gebore in Pretoria en het daar groot geword. My ma was ‘n enkelouer en het my dus alleen groot gemaak. Ek is al 15 jaar getroud. Ons het twee kinders, ‘n seun, Armand en ‘n dogter, Bianca. Ons bly in Randfontein tussen al die mynhope maar dis my tuiste. Ek het sekretarieël geswot by Randfontein Kollege. My man het sy eie vervoermaatskappy, ek doen al die kantoor werk al vir baie jare. My stokperdjies sluit in lees en skryf. Ek doen ook tans ‘n digterslypskool kursus. My passie vir skryf het eers ‘n paar jaar gelede ontpop. Ek het al drie boeke deur Kwarts Publishers gepubliseer. Hulle is beskikbaar in Bargain Books, op Amazon as e-boek asook op Kwarts Publishers se eie webblad. Ek het ook laas jaar ‘n ses maande kursus in kort verhale voltooi deur Die Skryfbesigheid asook deur Liberty University het ek ‘n kort skryfkursus voltooi aan die hand van Karen Kingsbury. Ek is tans besig met ‘n ses maande kursus in die skryf van Romanse aangebied deur Madelie Human.   Ek help by honde rescue, genaamd The Dachshund Haven. Ek doen elke week al hulle facebook plasings en ek hanteer al hulle admin. 

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 2,922 gaste aanlyn

    Bydrae Totale