Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: TREURENDE WINDJIE

Deur Paula Paxton
Datum gepubliseer: 7 Augustus 2019 Aantal woorde: 94 41 Kere gelees Hou van

Die wind treur deur die gleufies sy eensaam gesang.
Word so een met my verlore verlang.
Sny koud en diep tussen gleuwe en vlaktes.
Heg soos hakkies aan my verdiepte gedagtes.

Roep deur oop spasies sy verlore geween.
Trek my nader aan my eensaam alleen.
Blaas deur die lug met sy asem van ys.
Laat n rilling deur my liggaam ruis.

Jou geween oor die aarde is verlore verdriet.
Hoor wat ek sê, jy huil verniet.
Maak maar jou woning in my siel so geroes.
Hier is alles reeds droog en verwoes.

Paula Paxton




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    7 Augustus 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 62
Kommentaar telling: 4

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 100 gaste aanlyn

Bydrae Totale