Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Trane vir my Troebadoer (Silwer)

Deur Amanda
Datum gepubliseer: 25 Junie 2020 Aantal woorde: 77 121 Kere gelees 1

Die strate is stil sonder jou
êrens
op ‘n bankie in ‘n park
sit ‘n klein tortelduif alleen
sy jammerkoer eggo teen beton
eensame kantoormure
waarvan glasdeure
geslot en geketting is
spookpersoneel spartel
om kop bo water te hou
vasgevang
in ‘n ekonomiese virusvuis
wat alles wil versmoor
ook vir jou
jou stem is stil my troebadoer
jou plek op die bankie nou leeg
êrens
sak ‘n kis in ‘n nuwe graf
terwyl die tortelduifie
saggies huil




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    25 Junie 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2020 – Vryheid projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 48
Kommentaar telling: 26

Ouma van Vier woelwaters. Ma van 5 (2 stief) en vrou van 'n wonderlike Godsman. Woon tans in Alberton. Skryf is my uitlaatklep. My hart bloei ink op papier.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 56 gaste aanlyn

Bydrae Totale