Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Township Engele

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 3 Junie 2020 Aantal woorde: 67 25 Kere gelees Hou van

kaal nek hoeder ma
pik pik net stof
kuikens kry krummels
in dié spens.

vere waai
van maar skelet
in agter jaart slagpale
om iets aan
leë kind te bied.

ma gelaai met baba
snotneus om maer bene
hen vroeg môre rond
om krummels
te vind.

dan helle rit
na groot boom jaart
tee en badkamer mooi te maak
om môre spaza kos
te koop.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 320
Kommentaar telling: 26

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 60 gaste aanlyn

Bydrae Totale