Totsiens vir eers
Snuif-snuif spoeg hy ‘n sandjie,
wyl wind die land stadig versand;
goggas vlug na gate diep, donker,
en dansende luggolwe speel oral.
Als het vergaan behalwe ‘n maan,
wat waghou oor vergete gedagtes
van gister se toekoms vooruitsigte,
hier agter gelaat vir die toekoms.
* * * *
Soos die rolbossie wat rondwaai,
sonder enige rigting, enige doel;
so het hy ook ‘n weg hier gebaan,
onwetend, sy merk agter gelaat.
As ‘n takkie waai oor ‘n vergete graf
en ‘n hond in die verte heserig blaf,
onseker of hy Hom daar sien staan,
dan wink hy die toekoms nader . . .
As son hom so skroei en brand,
en selfs die duiwel daar wegvlug,
kom vind hy sy vrede in die liefde
wat die Ewigheid aan hom bied.
Want hy sal hierdie land weer ken,
in glorie sal hy dit weer bewandel,
aan die hand van die magtigste
is geen sirkel ongedaan gelaat.
06/06/2017 © C. du Plessis
Tot ons weer ontmoet oom Simon.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
Ek hou hiervan :-)