Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Tonnel van vrees

Deur Palet
Datum gepubliseer: 3 Augustus 2020 Aantal woorde: 80 80 Kere gelees 4

Klanke eggo woordloos deur onrus skadu’s
mense skarrel in nood na ‘n stukkie brood
bebloede plaas aanvalle, vreesaanjaend deur die donker nag
hoe maak dit sin?
hoe kan mens hierdie wraak oorwin?

Smeek vir nog ‘n kans
die reuk van dood
die angs, die pyn
die roep om hulp!

Dit maak mens bang
uithou
aanhou
harder bid, vir Hoop van Bo

Want twyfel verskeur ‘n hart
en maak onrustig die pad
verskroei versmelt
die vrede om verder te leef, stom




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    4 Augustus 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 392
Kommentaar telling: 354

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 38 gaste aanlyn

Bydrae Totale