Jongste aktiwiteit:

Tolbosse

‘n Tolbos kan so swierig oor die sand tuimel met dit wind in sy “seile”, daars geen stop aan hom nie, dis net voorwaarts. Hy hol loshande onder die sandkorrels op die strand uit, hy steur hom nie daaraan nie. Selfs die sandduine se steiltes is geen probleem nie, totdat daar ‘n bos voor hom opduik, en nie net sy spoed breek nie, maar ook sy pad vorentoe. Die wind wat hom tot hier loshande vorentoe laat waai het, het hom nou in ‘n hoek of sal ek eerder sê, bos gedryf.

Soms is ons ook loshande voor met ons eie planne, die toekoms lê blink voor ons, alles werk volgens plan, daars geen keer aan enigiets nie. Dan eendag word die spreekwoordelike mat onder ons uitgepluk, uitgetrek is baie keer net te lig gestel. Die uitdrukking was vir myself iets wat ek ‘n paar keer in my lewe gebruik het, tot die eendag toe die mat uitgepluk was.

Glo my dit was nie Aladin se “magic carpet” wat my om ‘n fantasie vlug geneem het nie, ek was soos die tolbos wat die bos getref het.

Die een iets wat vir my van die “uitpluk oomblik” die ware werlikheid was, en steeds is, is dat God my enigste ware hulp was. Op my eie sou ek dieper saam met die wind die bos in my lewe ingegaan het. Ek kon my net oorgee, Hy het die pad vorentoe reeds geken, die uitkoms vir my “tolbos” oomblik. Daar was beslis vir ‘n tyd pynlike, geknakte oomblikke, maar sonder Hom sou ek nie genesing, herstel en groei kon beleef het nie.

Dag vir dag het Hy genesing gebring, en ek kon opstaan, voortgaan in Sy krag. Ek kon soos die tolbos weer klein entjies deur ‘n ligte bries oor die strand rol, later meer sterker winde en uiteindelik saam met Hom ‘n nuwe wedloop aangepak het, ‘n nuwe begin.

Wanneer jou lewens “tolbos” voel of dit die aftog blaas, vasgekoek in ‘n bos, weet verseker dat Hy daar is vir jou. Jy kan en mag ophou spartel, Sy arms van liefde is oop vir jou. Al verloor mens dalk een of twee van jou eie probeerslae in die proses, onthou die Here bring vernuwing, laat Hom toe in jou vasgeknoopte tolbos tye.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed