Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Toegekurk

Deur Tharina Schnetler
Datum gepubliseer: 8 Maart 2018 Aantal woorde: 99 460 Kere gelees 7

Toegekurk

Op die stoep van my onthou
Liefde en omgee, kosbaar getrou
Maar binne, ‘n warboel vrae
Dit vul my bestaanlose dae

Genade van my Hemelse Vader
abbadra my oor ‘n stukkende pad
vele momente en gedagtes eskader
skiet met gebed in hoogste rat

elke keer as my diepste wese
geraakword deur lééf se vrese
dan tuur ek oor die genade-vallei
wonder of daar in die hemel plek is vir my

op die stoep van my onthou
ek en jy, twee, maar sáám
besig om aan eendag te bou
toegekurk in lagies van ‘n liefdeswaan

©Tharina Schnetler




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 12
Kommentaar telling: 0

Huisvrou en Ouma.  LIEF vir God, my gesin, oumense, kinders, diere, buite wees, die bos en die see.  Ek luister heeldag musiek en doen graag naaldwerk en hou van bak en brou.  Vriendskappe is kosbaar en ek troetel dit.  Meeste van my vriende kom nog uit kinderjare saam.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 66 gaste aanlyn

Bydrae Totale