Jongste aktiwiteit:

Toe maak God ‘n boer!

Elke dag, drie keer ‘n dag maak ons op ‘n boer staat,
want sonder hom is daar nie vir ons voedsel nie.
Dan is daar nog mense wat die boer haat,
want hy en sy familie word gemoor en gemartel,
elke dag sterf daar boere-families in ons pragtige land,
elke dag word daar van ons mense vermoor,
maar steeds dra God ons in sy hand.

Is die boer eintlik vir ons ‘n geskenk van bo,
want hoe dan anders sal ons oorleef,
as daar nie iemand is wat met voedsel boer,
hoe kan ons dan hulle wat ons uitmoor vergeef?
As ons mense so gemartel word,
asof ons gesondig het,
hoe kan ons dan net hande gevou staan,
en wat van die boer se roer,
hoe kan ons net staan en toekyk hoe dit voor ons gebeur,
sê my, hoe kan ons?

Die boer se vrou speel ook ‘n groot rol in ons samelewing,
want baie keer is sy alleen by die huis,
want haar man is besig in die lande,
om te saai, ploeg, vir ons voedsel,
baie keer sommer met hul hande,
want ons almal het maar ons kruis wat ons dra,
bak die vrou ook in haar kombuis, sy geniet dit,
sy werk net so hard, die meel wat sy roer en roer,
Vader seën die boere-families se hande,
want ons is tog so geseënd met hulle in ons midde,
want toe, toe maak God ‘n boer.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed