Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Teorie en Praktyk

Deur Pannetjie
Datum gepubliseer: 16 Oktober 2019 Aantal woorde: 436 51 Kere gelees 1

Teorie en praktyk

Die ou was op universiteit en die dag in die klas praat die dosent gedurig van teorie en praktyk. Hy verwys na goed wat teoreties dit is maar sus is in die prakryk. Na die klas was die man so deurmekaar soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartieboks.

Die aand by die huis op die kleinhoewe buite die stad vra hy raad by sy ma oor die teorie en praktyk besigheid wat hy nie kop of gat van kan uitmaak nie. Sy ma het sommer geweet sy sal dit nie vir hom kon opklaar nie en verwys hom na sy pa.

Hy is ook reguit na sy pa en verduidelik vir sy pa die probleem met teorie en praktyk wat hy in die klas raakgeloop het. Sy pa het so ‘n bietjie gestaan en dink en antwoord: “Ou seun daai is maklik, gaan vra jy nou vir jou ma of sy bereid is om vir een aand saam met die multi-miljoenêr buurman van ons in die bed te klim vir ‘n miljoen rand”. Die seun sit af na sy ma en stel die vraag aan haar soos deur sy pa opgedra. Sy antwoord: “Jy weet ou seun ‘n miljoen rand is ‘n vreeslik klomp geld en met jou en jou meisie, wat ook hier by ons bly en op universiteit is en die plot boerdery wat nou nie eintlik geld inbring nie sal ‘n miljoen rand darem die finansiële las op ons geweldig verlig. Ek dink ek sal vir ‘n miljoen rand een aand saam met die buurman deurbring.

Die seun is terug na sy pa en rapporteer: “Pa ma sê sy sal een aand saam met die buurman deurbring vir ‘n miljoen rand”. Sy pa sê: “Gaan vra jy nou vir jou meisie of sy ook vir ‘n miljoen rand vir een aand saam met die multi-miljoenêr buurman in die bed sal klim”. Hy gaan na sy meisie en stel die vraag aan haar. Sy antwoord: “My liefste jy weet hoe swaar kry ons om te kan studeer en ons wil nog eersdaags trou ook. ‘n Miljoen rand sal darem ‘n gerieflike hupstootjie wees veral so vroeg in ons lewens. Ek moet bieg ek sal een aand saam met die buurman deurbring vir ‘n miljoen rand”.

Hy gaan rapparteer weer aan sy pa: “My meisie sê sy sal vir ‘n miljoen rand een aand saam met die buurman spandeer”. Die pa antwoord: “Ou seun die saak staan nou so. Teoreties is ek en jy nou altwee miljoenêrs maar in die praktyk sit ons met twee hoere in die huis.”




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    16 Oktober 2019

    kostelik!!!!!! Maar die oplossing is gekry! Ek glo die seun verstaan nou mooi hoe werk die verskil tussen teorie en praktyk

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 11
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 108 gaste aanlyn

Bydrae Totale