Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wraak

Verlore Stryd

Deur Datum gepubliseer: 7 Julie 2020 1

kwaai gal
breek die diafragma
versuur die sluk en neus
brand soos vuur.

spiere trek boog
om pyle te skiet
om vyand gesig
uit en weg te slaat.

diè braakskiet dade
verlig nie die kwaad
verseker wel
ń langer siele stryd.

God se stem

Deur Datum gepubliseer: 25 Junie 2020 Hou van

(goud)

Ek is nie die applikant in die skrywe nie
ook nie die regter nie
maar as ek so om my kyk
sien ek ‘n toekomslose môre
een vol dongas en dae sonder name
een soos vandag
wanneer ek sielstil wens dat ek God se stem
net vir ‘n uur…

Ontsnapping

Deur Datum gepubliseer: 25 Junie 2020 Hou van

(goud)

Ek lê in my armbuurt
saam met ryk mense
en ek hoor hoe baldadig
hulle in oorvloed lag en rondval
dronk gesuip aan hul eie ego’s

al wat ek wil doen is op die rug
van ‘n wilde perd spring
‒ verkieslik ‘n bloue met reënboog vlerke
en hierdie plek…

Karma (Limeriek)

Deur Datum gepubliseer: 28 Februarie 2020 1
  • Pou Piet Pompies wil meisies vang,
    So is elke vrou vir hom bang.
    Hy kleim hy is kaas,
    Maar brein byt die baas.
    Nou’s Piet Verdriet sy droewe rang.

Charleine Collins © 2020
Illustrasie: https://www.britannica.com/animal/peacock

Bitter smaak

Deur Datum gepubliseer: 6 Februarie 2020 2

‘n Bitter Bessie is vol grys beloftes
waar is die geuiterde troubeloftes?
Nou is grom-woorde
met geklemde akkoorde
die moeder van alle seerkry sondes

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 41 gaste aanlyn

Bydrae Totale