Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wetenskappe

Herkou

Deur Datum gepubliseer: 2 Julie 2020 4

oë staar na niks
rooi bloed stol
verrot
in nuwe lewe.

gedagtes in niet gewerp
wysheid uit kop gewring
oorleef
in die sapiens stam.

tyd en daad stempel alles
tot fyn mis stof
verwaaid
as droë kompos.

gene, goed atome
dra vandag nog
energie
uit talle eeue.

ons is verneuk
lewe momente…

Oefening

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2020 4

skelet van been
bedraad met dun draad
in sinapse verbind
met sentrale sagte waarde.

spiere in spel
dik en dun gesamentlik
geanker in staal ligamente
vir samewerking.

suurstof te kort
uniek in elke spier
die moeë ekstase
van onbevange mens wees.

Ratte wat Pla

Deur Datum gepubliseer: 26 Junie 2020 1

staal pyp gly
in sny olie tande
ratte uit kepe geskep
mikrons akkuraat.

aan kragbron gekoppel
draai kepe in kepe
ontsluit newtons
in vaart.

kwaai kierie hand
ruk staal pypie
skop ratte in ń
seer groef.

gladde kragverwerker
vervysel in die moment
ongeduld verval in
stilte.

Hello Vincent Einstein

Deur Datum gepubliseer: 25 Junie 2020 2

die koue bou kristalle
in wind stil veld
uit die suiwerste
vroeë oggend lug.

sterre skitter in kristal
bring warm groete
oor miljoene steriele myle
om aan my hart te klop.

die energie van ń ster kombers
vou om my klein massa
in die helder mooi
blougeel lug.

dié moment
is groter…

Hommel Bloed

Deur Datum gepubliseer: 24 Junie 2020 1

in oop veld
met vaal bossie hare
flits ń beweging hoog
bloed ongesien in beheer.

oë sonder senuwee
stort ń olie traan
in fraksie moment is
hand kontrole waardeloos.

baas storm verwaard,
eie waarde te herwin
in die robot hart
wat bib bib in die sand.

die dood van elektronika
flikker met…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 26 gaste aanlyn

Bydrae Totale