Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wetenskappe

duinelary

Deur Datum gepubliseer: 3 Oktober 2020 3

‘n duin is net ‘n hoop sand
in die sand op my duin is daar skulpe
op die duin groei net fynbos en vygies
‘n meter onder my duin is daar water
in getye skuif die watervlak op en af
daarin leef daar mikro-organismes
miljoene spesies verteenwoordig
my duin…

Aartappel Maats

Deur Datum gepubliseer: 3 Oktober 2020 3

Hard
swart klip verbrand
in helle vuur,
verpletter tot plaat
verdruk tot draad.

verruk van aard
geknip na verlangde
maat
verkrul in oë
doel gemaak.

sag
warm vogtig in natuur
baarmoeder geplaas
so groen loote in
blou lig gestoot.

stadig
vorm maatjies
na eie aard,
boepens knuppel duk
in loswikkelde grond.

aarde beweeg

aarde bewe

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2020 5

dit was soos elke oggend
normale dag van werk en leef
toe begin die aarde bonsend buig
almal gryp iets en hardloop na buite
massa histeriese mense wat gil en val
die grond skeur en maak toe in stuipe
soos die kronkels van ‘n luislang
kraak en dreun met…

Myn Sand

Deur Datum gepubliseer: 25 September 2020 4

met energie vergruis
uit gewas as rooi
helder geel na
wit silika.

suur water spoel
mense vuil weg
met kettings
wat om nekke wurg.

sal dit kom

Deur Datum gepubliseer: 22 September 2020 4

die hemele breek oop
rook en vuur strepe trek
donderende geluide vul alles
verdoof elke oop oor in knalle
so breek donderstorms die lug
laat die reuk van verbrande as
ruik soos swael en osoon gas
sal dag ook kom, Meester
waarop alles verbrand
mense sal wegkruip
gate en…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 54 gaste aanlyn

Bydrae Totale