Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wetenskappe

TWYFEL

Deur Datum gepubliseer: 14 Junie 2019 1

Om in eenwording en ontwording eie aan jou aard,
nie ná of van die son te draai nie,
sal jy bang in jou sirkelgang
deur dag en nag eweninge,
jou op twyfel verlaat.

MCDb.

VADERLAND

Deur Datum gepubliseer: 9 Junie 2019 Hou van

VADERLAND

Stem vir volk en vaderland
in hierdie dorstige land
Rooi is ons boerebloed
Groen is ons landgoed

Suid-Afrika se minerale
skitterblink soos diamantstrale
ryk aan goud en silwer stawe
word diep uit myne gegrawe

Die Nasionale vlag
wat wapper dag na dag
Ons is lief vir ons eie land
In kleure…

Aartappel Maats

Deur Datum gepubliseer: 6 Junie 2019 Hou van

Hard
swart klip verbrand
in helle vuur,
verpletter tot plaat
verdruk tot draad.

Verruk van aard
Geknip na verlangde
maat,
Verkrul in doel gemaakte
oë.

Sag warm
vogtig in natuur
baarmoeder geplaas,
groen loote in
blou lig gestoot
water vervul.

Stadig
vorm maatjies
na eie aard,
boepens knuppel dik
in loswikkelde…

Mynsand

Deur Datum gepubliseer: 1 Junie 2019 1

Moeite energie vergruis
uit gewas in rooi
helder, geel na
wit silika.

suur water spoel
ń ander vuil
weg,
omwerk tot kettings,
nekke te wurg.

HOMO SAPIEN SAPIEN

Deur Datum gepubliseer: 26 April 2019 1

*Hashem het my kom neersit:
duisende sandkorrels aan
‘n subatomiese gedagte, bid
in ‘n eksponensiële membraan.

Afwagtende fetus
met ‘n gees
wat wil
wees.
Is.

*die Naam/die Een wat alles tot stand bring.

MCDb

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 102 gaste aanlyn

Bydrae Totale