Soveel as my lieflike hart kon verlang,
wil ek blomme in beddinkies vir haar uitplant
vérweg saam haar stap
op ‘n wydlopige blinkogiespad;
hand aan hand.
Zebulon Kochk
Zebbiekaans
(Brons)
Soveel as my lieflike hart kon verlang,
wil ek blomme in beddinkies vir haar uitplant
vérweg saam haar stap
op ‘n wydlopige blinkogiespad;
hand aan hand.
Zebulon Kochk
Zebbiekaans
(Brons)
Laat jou sluier val
as middelaar tot my lyftaal
laat ek verse oor jou ploeg
oor die naak velde
van jou oorbegroeide gedagtes
laat my toe om in jou binnekamer te dans
die warme weerstand van jou duistenis te betas
laat my liggelowig langs jou sit
in die stilte van jou wreedste storm
omnagtelik die donker ure…
Waar lê jou hoop?
Dikwels hoor jy: “Ek het ʼn verwagting dat my dogter ʼn bekende model sal word” of “Die resultate het nie aan my oorspronklike verwagting voldoen nie”.
Waar lê die oorsprong van die woord: verwagting? Die Latynse woord: exspectatum word vertaal as “beskou” of “gesien”…
Die wipplank van my gemoed.
Die son trek water waar ek laatmiddag met my voete in die kabbellende stroompie sit. Ek sug behaaglik en asem die laaste strale van die son in … oranje gloed speel wegkruipertjie op die skemer horison. My gedagtes draal na 2020 en die gevreesde…
Sondag by Augrabies
Oordonderend, verruk,
aanskou ek verstom tevrede
die oorvloed stortend na benede.
Maar net voor ek dankbaar wegry
noem iemand terloops teenoor my:
“Die eintlike piek word Woensdag verwag”.
En eensklaps word ek meegesleur
deur die onvergenoegde gesmag
na daardie ietsietjie meer
wat ons alewig begeer.
©ASvdMerwe