Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wanhoop

Uitgeput (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 30 November 2020 7

Uitgeput

Sy’t gereeld gekom vir haar sknouerpyn:
daardie vaag omskrewe plek –
nóg skouer, nóg nek.

Ek’t getrou gevryf aan haar sknouerpyn
en peinsend probeer peil
wat presies haar só opkeil.

Maar ál wat verdwyn was haar sknouerpyn.
Want het beide van ons nie tog maar geweet nie:
verlange is geensins ‘n…

Eggo’s in rooi

Deur Datum gepubliseer: 12 November 2020 3

waar verpletterende klanke
in doodse stilte weergalm
eggo lapmure verdoemend
onder die kletterklanke
van onsigbare
braille letters

verlorenheid word
teen haar siel afgeets
as woordswepe
met doringdraad gevleg word
staan sy moedverlore
agter bloedrooi lyne
van mensgemaakte gordyne
waar sy vir uitkoms veg

dit is dan die donker stilte
van ‘n…

Oorlog Siklus

Deur Datum gepubliseer: 29 Oktober 2020 2

onder die warm son
lê sand soldaat
vrees wagtend
vir dié trap.

agter bos en gras
soek krap oë
gehate ander
te ontbloot.

stilte skeur
ń koeël wat klap
die dood ruk oop,
stilte in die besie trop.

die geveg is oor
ń seun is dood
die veld is stil
met een…

Voete van klei

Deur Datum gepubliseer: 29 Oktober 2020 3

toe blyk jou voete ook maar
mortel te wees
jou tong vulkanies

‘n sluimerende spioen
wat met geringste konkussie
vurig lawa stook

wonde skroei
wat oor weerlose
sielsletsels kors

©Driekie Grobler (2020)

Domein

Deur Datum gepubliseer: 15 Oktober 2020 9

storms in die lewe
laat my blindelings rondtas
wanneer als uitrafel
en leed my siel belas
dan kleim ek my domein
perk my grense in
roep hulpsoekend na bo
vir uitkoms
vir ʼn nuwe begin

©Driekie Grobler (2020)

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 95 gaste aanlyn

Bydraes – Argief